| |
Ons is kerk
Die woord 'kerk' is afgelei van die Griekse woord wat beteken 'die wat aan God te behoort'. Deur Jesus Christus se dood aan die kruis het God mense van alle tale, volke en nasies los gekoop uit die dood om aan Hom behoort. As sy eiendom is dit nou ons doel om Hom te aanbid en om sy teenwoordigheid te geniet.
Ons is 'n gemeenskap
Ons behoort nie net aan God nie, maar ons behoort ook aan mekaar. As jy glo dat Jesus Christus jou enigste Verlosser en Koning is wil ons jou verwelkom as ons broer en suster. As mekaar se familie is dit nou ons doel om mekaar te help om te groei in ons verhouding met Hom en met mekaar.
Ons is 'n gemeenskap vir die gemeenskap
As God se gemeenskap is ons ook geroep om 'n verskil te maak op die plek waar ons bly. Daar is net een manier vir ons kerk om dit te doen en dit is deur die Evangelie te verkondig en uit te leef tussen die mense van Canada Water en Londen. |
|
|
Ons Geskiedenis
Ons het ontstaan uit die bediening van die London City Presbyterian Church, 'n gemeente wat saam met die Gereformeerde Kerke in SA onder Suid-Afrkaners in Londen werk.
Baie van ons lidmate woon in Canada Water en het die behoefte gehad vir 'n goeie kerk in hulle omgewing. As gemeente het ons vir amper 8 maande daaroor gebid en saam planne gemaak totdat ons aan die einde van September 2006 besluit het om die Here te vertrou en met 'n kerk te begin.
|
|