|
Om jou te help om 'n bydrae tot die kerk te maak, sluit ons twee vorms in, nl. 'n "Standing Order Mandate" en 'n "Gift Aid Declaration".
Die Standing Order Mandate is 'n versoek wat jy aan jou bank stuur wat hulle opdrag gee om eenmalig of elke maand 'n vaste bedrag aan die kerk se fonds oor te betaal. Dit sal ons help om die huidige werk instand te hou en selfs verder uit te brei.
Die Gift Aid Declaration is 'n vorm wat jy vir die kerk gee wat ons weer vir Inland Revenue stuur. Aangesien ons geregistreer is as 'n liefdadigheids organisasie (CR18841 en SCO12925) kan ons baat vind by die Gift Aid Scheme. Sodoende kan Inland Revenue 28 pennies vir elke pond donasie bydra tot die Canada Water Kerk Fonds en jou donasie aansienlik vermeerder. Dit beteken dus dat ons £12.80 ontvang vir elke £10 wat jy so skenk.
Dankie vir jou bydrae en bid saam met ons dat hierdie geld aangewend sal word tot uitbou van die Koninkryk van God.
|
Kontakpersoon: Finansies
Standing Order Mandate:
- Laai af, druk uit en vul in
- Stuur dit aan: Jou bank
Gift Aid Declaration
- Laai af, druk uit en vul in
- Gee dit aan Alwyn Hoogendyk of
Stuur dit aan: P.O. Box 2444, Woodford Green, IG8 1DP
|