Jou doelwitte is Canada Water Kerk se doelwitte As kerk wil ons vir elke gelowige 'n plek gee om hierdie roeping gefokus en eenvoudig uit te leef.
1. Ons wil liefde aan God bewys deur Hom tydens ons Erediens te aanbid
God roep elkeen van ons om ons liefde vir Hom te bewys (Luk 7:47) deur Hom te aanbid. Om dit te doen kom ons Sondae 18:00 bymekaar waar ons 'n erediens hou.
2. Ons wil liefde aan gelowiges bewys deur mekaar in Bybelstudiegroepe te ondersteun
God roep elkeen van ons om mede-gelowiges lief te hê (Gal 6:10). Hierdie liefde is nie veronderstel op soetsappige lippediens te wees nie maar Bybelstudies waar yster yster slyp om meer en meer soos Christus te word (Sp 27:17). Ons fokus daarop om die spesifieke Bybel boeke te bestudeer en die leiers word elke paar weke deur die dominees daarvoor opgelei.
3. Ons wil liefde aan die wêreld bewys deur met ons weeklikse Christianity Explored kursus na alle mense uit te reik
God roep ons om die wêreld lief te hê deur met die Evangelie na alle mense toe uit te reik (Matt 28:19). As kerk het ons besluit om dit met 'n gereelde Christianity Explored Kurses te doen. Tydens die 10 weke kurses word al die basiese vrae oor Christenskap duidelik beantwoord. Christianity Explored is 'n uitstekende plek om jou kennis oor ons geloof te kom opskerp of om mense wat in ons geloof belangstel na toe uit te nooi. Deur die kurses by te woon kan jy ook kwalifiseer as 'n groepleier vir die volgende kurses wat aangebied word.
Canada Water Kerk © Copyright 2008 Last Modified: 2008/07/04 Webmaster: Mari
|