God roep ons om die wêreld lief te hê deur met die Evangelie na alle mense toe uit te reik (Matt 28:19). As kerk het ons besluit om dit met 'n gereelde Christianity Explored Kurses te doen. Tydens die 10 weke kurses word al die basiese vrae oor Christenskap duidelik beantwoord.

F.A.Q.

Hoekom is dit 'n goeie kurses om te doen?
Christianity Explored is 'n uitstekende plek om jou kennis oor ons geloof te kom opskerp of om mense wat in ons geloof belangstel na toe uit te nooi. Deur die kurses by te woon kan jy ook kwalifiseer as 'n groepleier vir die volgende kurses wat aangebied word. Gaan kyk gerus op www.christianityexplored.com as jy meer wil sien.

Hoe lank vat dit?
1 uur, met 'n ligte ete

Hoe werk dit?
Nadat ons 'n gedeelte uit die Bybel gelees het kyk ons na 'n kort dvd praaitjie wat deur 'n bekende predikant in Londen, Rico Tice gegee word. Nadat hy die teks verduidelik het bespreek elke groep dit vir omtrent 15mins. Daarna kan jy bly vir koffie of tee of onmiddelik maak dat jy weg kom.

Gaan jy my nie-Christen vriende kwaad maak?
Die kurses is so ontwerp om iemand wat in Christenskap belangstel se vrae te antwoord deur vir hom al die nodige inligting te gee. Ons verwelkom oop gesprek oor moeilike sake en sal altyd probeer om respekvol te wees teenoor enige iemand se opinies. Daar word van niemand verwag om hardop te lees of te bid nie.


Tyd: Dinsdagaande 7:30pm

Tema: Christianity Explored

Plek: Rotherhithe Free Church

Kontakpersoon: Evangelisasie


Canada Water Kerk © Copyright 2008
Last Modified: 2008/07/04
Webmaster: Mari