Beskrywings van diensgroepe:


Administrasie
Die doel van die administrasie diensgroep is om die dominee en ouderlinge administratief te ondersteun sodat hulle hulle aandag op pastorale en geestelike leiding kan van die gemeente kan fokus. Ook om diensgroepe genoegsaam te ondersteun dat hulle entoesiasties betrokke en besig kan weees met hulle afsonderlike take.


Kontakpersoon: Admin

Bedieningsdiensgroep
Om voortdurend die bedienings van Canada Water Kerk te meet aan ons visie, asook om die visie voortdurend aan God se Woord te meet. Om die bedienings van die gemeente te koördineer of effektiewe, gefokusde en Koninkryks-gerigte dienswerk te doen.


Kontakpersoon: Bediening

Bemarkingdiensgroep
Die bemarkingdiensgroep is daar om die gemeenskap bewus te maak van Canada Water Kerk en geleenthede wat Canada Water Kerk aanbied, soos spesiale dienste, sosiale aksies, uitreik aksies ens.


Kontakpersoon: Bemarking

Boekrakdiensgroep
Ons het 'n boekwinkel en biblioteek begin waar goeie Christelikeboeke vrylik beskikbaar is. Ons het 'n wye verskeidenheid Christelikeboeke in beide Afrikaans en Engels.


Kontakpersoon: Boekrak

Bybelstudiediensgroep
Om Bybelstudies by die kerk en in huise te help reël, bv Christianity Explored vir mense wat net meer wil leer Christus en Joy@Work wat Christene toe te rus om getuies van Christus by die werk te wees.


Kontakpersoon: Bybelstudie

Epos en internetdiensgroep


Kontakpersoon: Epos & Internet

Fellowship diensgroep
Die fellowship-diensgroep het dit ten doel om nuwe en reeds bestaande christene in die huis van die Here te verwelkom en gemaklik te laat voel.


Kontakpersoon: Fellowship

Finansielediensgroep
Die Finansiele Diensgroep se taak is om, soos die naam aandui, die finansiele sake van die kerk te hanteer en om die kerk se fondse met oorleg en omsigtigheid te bestuur.


Kontakpersoon: Finansies

Gebedsdiensgroep
Ons wil die gemeente instaat te stel om gereeld, saam met mekaar, koninkryks-gerig te bid tot ons Koning. Ons smag na meer van Hom en sy werk in ons, na minder van onsself en vergifnis van ons sondes en ongekende groei in die getal en diepte van gelowiges in Canada Water Kerk.


Kontakpersoon: Gebed

Kerkplantdiensgroep
Ons wil graag kerke plant (of begin) wat nog kerke sal plant, met die doel om die kultuur van die omgewing, stad, land, en die wêreld te verander.


Kontakpersoon: Kerkplant

Liefdesdiensgroep
Die liefdesdiensgroep se doel is om 'n maandelikse geleentheid te skep, in oorleg met die kerk se visie en leiers, waaraan mense in die gemeente kan deelneem, om die gemeenskap waarin ons bly, en ook onsself te verander om meer soos Christus te word.


Kontakpersoon: Liefdesdiens

Logistiekdiensgroep


Kontakpersoon: Logistiek

Musiekdiensgroep
Die musiekdiensgroep is verantwoordelik vir alle musiek by die kerk. Ons is verantwoordelik vir die besluite oor wat gesing word Sondae, wie doen die begeleiding en enige spesiale geleentehede soos kersfeessangprogram.


Kontakpersoon: Musiek

Sosiaaldiensgroep
Ons wil die geleenthede skep om net lekker te ontspan en mekaar op so 'n manier beter te leer ken, sodat almal kan tuis voel en 'n plek kan hê waar hulle behoort.


Kontakpersoon: Sosiaal

Tegnologiediensgroep


Kontakpersoon: Tegnologie

Canada Water Kerk © Copyright 2008
Last Modified: 2008/07/04
Webmaster: Mari