Kan ek na enige groep gaan?
Ja. Soos wat die groepe groei moet elkeen gaan bywoon waar hy gemaklik voel. Niemand sal snaaks dink as jy vir 'n tyd lank tussen groepe rondbeweeg om te besluit waar hy tuisvoel nie.
Gaan iemand my skielik vra om te bid of te lees?
Nee. Niemand kyk jou snaaks aan as jy nie iets sê nie en dit is gewoonlik 'n lekker plek om te hoor hoe ander ouens met dieselfde goed as jy struggle.
Wat gebeur by 'n klein groepe?
Elke groep doen dit bietjie anders, maar die basiese goed bly dieselfde. Party groepe eet en kuier eers saam, daarna lees hulle 'n teksgedeelte, bestudeer dit en daarna bespreek hulle dit. Die Bybelstudie gedeelte word gelei deur iemand wat daarvoor opgelei is. Daarna bid ons.
Partykeer doen ons nie eers Bybelstudie nie en kuier net lekker saam. Teen 9 - 9:30 pm is die kleingroep gewoonlik klaar.
Groei!
The Reason for God is 'n boek wat ons op die oomblik in die kleingroepe bespreek. Hierdie boek gaan ook die tema wees vir ons naweek weg tydens die naweek van 23-25 Oktober, 2009.
Die skrywer help jou om jou eie vrae te beantwoord sowel as om skeptiese vriende of kollegas na Christus toe te wys.
As jy 'n kopie wil koop, 'n kleingroep wil bywoon of meer info oor die naweek weg wil hê, stuur nou 'n epos aan die kantoor by info@canadawaterkerk.com