Lys van boeke wat tans te koop aangebied word:
Kortlys van boeke:
Canada Water Kerk Boekrak
Die Canada Water Kerk het 'n boekwinkel en biblioteek bekendgestel waar goeie Christelike boeke vrylik beskikbaar is. Ons het egter nogsteeds soveel moontlik ondersteuning nodig om van die projek 'n sukses te maak.
Daar is 3 maniere waarop jy 'n bydrae kan lewer:
- Gee 'n donasie vir die boekwinkel of die biblioteek
Hierdie geld sal ons 'n hupstootjie gee om 'n goed toegeruste boekrak op die been te bring.
- Borg 'n boek vir die biblioteek
Daar is 'n lys van goeie boeke op die agterkant van hierdie blaadjie wat 'n moet is vir elke Christelike boekrak. Jy kan self besluit watter boek jy wil borg en ons sal erkenning gee aan die persone wat 'n bydrae maak deur binnekant te skryf deur wie die boek geborg is.
- Leen/borg 'n tweedehandse boek vir die biblioteek
Jy kan enige goeie Christelike boeke wat jou boekrak vol staan aan die biblioteek borg of leen. Die boeke wat geleen word sal jou eiendom bly en daar sal ook binne staan aan wie hierdie boek behoort. Indien daar enige iets met die boek gebeur terwyl dit in die Boekrak se besit is, sal dit vervang word met 'n splinternuwe een.
Vir meer inligting kliek hier of stuur 'n epos aan die Boekrak
Canada Water Kerk © Copyright 2008 Last Modified: 2008/07/04 Webmaster: Mari
|